Iemand soos jy – DVD
Iemand soos jy – DVD
emand soos jy - DVD Lewendig opgeneem by Atterbury Teater   Pieter Lombaard (regisseur) en Alli Heyns (klankopname en finale meng) slaag daarin om vir die kyker ‘n belewenis te gee wat nie maklik tydens ‘n lewendige optrede ge-ewenaar sal word nie. Hoe heerlik om na nabyskote van ‘n uiters bekwame orkes wat so duidelik genot put uit hulle en mekaar se musiek te kan kyk. Boonop kry die sitkamerkyker ‘n opname van een van Roets se beste produksies nog: Onder die meesterlike Matthys Maree se musikale leiding, word die ewe briljante Mauritz Lotz, Juan Oosthuizen, Denny Lalouette, David Klassen, Brendan Ross en Rozelle Blackie die geleentheid gegee om hulle musikale vernuf behoorlik ten toon stel. Die produksie is fyn afgerond, en is ‘n heerlike kombinasie van groter orkestrasies, na kleiner en intiemer verwerkings, sodat die kyker op ‘n diverse envol reis geneem word. En vir die wat Roets gewoonlik met net rustige ballades assosieer, wag daar ook ‘n verrassing of twee. Dis ’n lywige DVD, met 20 liedjies, waarvan net …vantevore verfilm is, en waarvan vier nog glad nie op CD opgeneem is nie. Luister veral na Iemand soos jy,Fluister, Madelein, Pelgrimsgebed en Soms.Behalwe vir die hoë kwaliteit van die musiek, word die kyker ook met klein juweeltjies, Roets se gemaklike humorsin en vermaaklike oomblikke getrakteer, soos wanneer die gewoonlik stemmige Mathys Maree sy skoene moet uittrek as hy die vleuelklavier vir ‘n traporretjie verruil. As jy Iemand soos jy by die Atterbury teater gemis het, kry hierdie DVD, dit sal een van die gunstelinge in jou versameling bly.  
R100.00 Add to cart