Back to Album Aankope

Mathys Roets – Iemand soos Jy – CD

R100.00

 

Hoe om te bestel en word dit afgelewer?

Koop hier aanlyn en ons lewer dit by jou af vir R95.00 (die koerier bedrag word by jou bestelling in jou mandjie | cart bygevoeg),

of jy kan dit by Atterbury Teater in Pretoria optel (geen koerier koste).

  • Slegs vir aflewering in Suid-Afrika
  • Alles in jou mandjie word op een slag afgelewer. Indien jy “Reën” saam bestel het, maar jy wil jou ander albums vooruit ontvang, kontak ons gerus vir ‘n reëling.
  • Baie dankie!

Out of stock

Category:

Description

In 2003 het Mathys Roets die eerste DVD in Suid Afrika opgeneem – Vrydag die 13de.  Hierdie DVD word steeds gereeld deur HiFi-winkels gebruik as verwysing vir klankkwaliteit, en het baie goed en baie vinnig verkoop.

Nou is hy en die kerngroep wat vir Vrydag die 13de  verantwoordelik was, terug met Iemand soos jy en hierdie is die klankbaan van daardie groot aand se DVD opname.

Hierdie produksie was onder die meesterlike Matthys Maree se musikale leiding, en die ewe briljante Mauritz Lotz, Juan Oosthuizen, Denny Lalouette, David Klassen, Brendan Ross en Rozelle Blackie kry die geleentheid om hulle musikale vernuf behoorlik ten toon stel.

Dis ’n lywige CD, met 19 liedjies, waarvan vier nog glad nie op CD opgeneem is nie. Luister veral na Iemand soos jyFluisterMadeleinPelgrimsgebed en Soms.

1) Iemand soos jy (Piet van Wyk de vries)
2) Die tyd sal leer (André Swiegers)
3) For Example (Piet van Wyk de Vries)
4) Fluister (Piet van Wyk de Vries)
5) Gert Vlok Nel se treine (Piet van Wyk de Vries)
6) Mariëtte se wals (Piet van Wyk de Vries)
7) Moenie bad nie Josephine (Piet van Wyk de Vries)
8) Lapland (Piet van Wyk de Vries)
9) In my lewe (Nardus du Plooy)
10) Pelgrimsgebed (Amanda Strydom)
11) Hier is ons nou (Andre Swiegers)
12) Liedjie van ‘n engel (Piet van Wyk de Vries)
13) September morn/Play me (Neil Diamond)
14) Madeleine (Piet van Wyk de Vries)
15) Partykeer (Piet van Wyk de Vries)
16) Ek Wens (Mathys Roets/Piet van Wyk de Vries)
17) Meisie in die maan (Piet van Wyk de Vries)
18) Soms (Danie Niehaus)
20) Gentle on my mind